Fillet Brûleé met risotto en gestoofde groente

Fillet Brûleé

Bestanddele
• 1 kg filet
• growwesout
• varsgemaalde swartpeper
• braaispeserye
• 250 g plaasbotter
• ½ ui, in ringe gesny
• 60 g bruinsuiker

Aanwysings
1 Bedek die filet met die sout, swartpeper en braaispeserye. Draai die vleis dan styf toe in kleefplastiek sodat dit ’n wiel-effek kan kry en sit vir ’n uur in die yskas.
2 Smelt intussen 125 g botter in ’n kastrol. Voeg die uieringe by, braai tot deurskynend en skep op waspapier. Giet die bruinsuiker in ’n skoon kastrol en verhit tot gesmelt. Giet die suikermengsel oor die gebraaide uieringe en laat stol.
3 Sny die boonste en onderste punte van die filetrol af en sny die vleis dan 5 cm-skywe. Smelt 125 g botter in ’n pan. Plaas die filetskywe met kleefplastiek en al in die pan en seël vir vier minute aan elke kant. Haal die kleefplastiek af en seël verder vir vier minute.
4 Skep die uieringe op die filetskywe. Plaas in die oond saam met die groente en bak vir 10 minute teen 150 oC.

Risotto
Smelt 125 g plaasbotter in ’n kastrol. Voeg 250 g opgesnyde sampioene en ½ gekapte ui by en braai tot uie deurskynend is. Geur goed met growwesout en varsgemaalde swartpeper. Voeg twee koppies risotto-rys by en meng goed. Meng 250 ml witwyn en 650 ml louwarm water en giet 450 ml van die mengsel in die risotto. Laat kook vir ongeveer 16 minute of tot alle vloeistof weggekook het. Voeg die res van die wyn-en-watermengsel by en kook vir nog 16 minute.

Gestoofde groente
Verhit die oond tot 150 oC. Pak ’n verskeidenheid jong-groente in ’n oondpan en drup olyfolie oor. Geur na smaak met growwesout en varsgemaakde swartpeper en plaas in die oond vir 20 minute.

Back to Top