Geroosterde Snoek

1,5kg vars snoek
Olie

Bedruipsous
250ml droe witwyn
100ml fyn appelkooskonfyt
20ml vars gekapte pietersielie
12,5ml sojasous
1ml vars gemaalde swartpeper
3 knoffelhusies gekap
12,5ml worcestersous
30ml suurlemoensap

Metode:
Meng al die bestandele vir die bedruipsous en laat prut vir 1 min lank.
Smeer n toeklap rooster vooraf met olie, anders sit die vis vas.
Moet nie die vel van die snoek verwyder nie en plaas die snoek op die rooster.
Rooster die snoek 15-20min stadig oor matige kole terwyl aanhoudend met die bedruipsous bestryk word.
(Gebruik n kwassie vir die doel.)
Draai gereeld en braai tot deurgaar
Back to Top