Mosselsop

GENOEG VIR 4
BEREIDINGSTYD 10 MINUTE
GAARMAAKTYD 45 MINUTE


BESTANDDELE
• 125 g plaasbotter
• ½ ui, fyngekap
• 20 g fyngedrukte knoffel
• 1 liter room
• growwesout na smaak
• varsgemaalde swartpeper na smaak
• 1 pakkie kits-sampioensous
• 500 g mossels

AANWYSINGS
1 Smelt die botter in ’n kastrol. Voeg die knoffel en ui by en braai tot die ui deurskynend is.
2 Voeg die room, sout en peper by en roer aanhoudend vir 20 minute.
3 Voeg die pakkie sampioenroomsous by en kook vir 10 minute.
4 Voeg laastens die mossels by en kook vir nog 10 minute.

Back to Top