Seekos Potjie

Hou vis se kort gaarmaaktyd ingedagte en dat dit bederf word deur dit oorgaar te maak.
Sorg dat die kole laag bly en moet nooit toelaat dat die inhou van die potjie vinnig kook nie.

30ml botter
300g calamari ringe
1 rooi- en 1 groen soetrissie ontpit en in skywe gesny
Varsgemaalde swartpeper na smaak
2 ½ kp rou wit of bruin rys
750ml vis of hoender aftreksel
1kg visfilette, in porsies gesny
300g knopiessampioene, in skywe gesny
2ml droe origanum
400g mossels in skulpe
30ml olyfolie
2 groot uie gekap
3 knoffelhuisies gekneus
5 ml sout
5ml paprika
250ml bier
2ml borrie
500g garnale, onthaar en afgedop
250g ertjies
2ml droe gemengde kruie

Metode:
Verhit die botter en olie in ‘n gietyster pot en soteer die calamari sowat 2min totdat dit ondeursigtig is.
Haal uit die pot en hou eenkant. Plaas die uie, soetrissies en knofel in die pot en soteer tot die uie deurskynend is.
Geur met sout, peper en paprika. Roer die rys by. Verhit die aftreksel, bier en borrie.
Pak die visporsies, calamari, garnale en sampioene in lae op die bestandele in die pot en giet die verhitte vloeistof oor.
Sit die deksel op en laat omtrent 30-45min of tot die rys gaar is stadig prut.
Voeg ertjies, origanum en gemengde kruie by en sit weer die deksel op. Laat prut nog 5-10min.

Back to Top