Sjokolade-en-vanielje-mousse met sjokoladesous

Sjokolade-en-vanielje-mousse

Giet 500 ml room in ’n mengbak en klits styf. Voeg 1 blikkie kondensmelk by en meng goed.
Voeg 1 pakkie sjokolade-kitsnagereg by en klits goed. Skep die mousse uit en laat stol.
Giet 500 ml room in ’n mengbak en klits styf. Voeg 1 blikkie kondensmelk by en meng goed.
Voeg 1 pakkie vanielje-kitsnagereg by en klits goed. Skep die vanieljemousse op die sjokolademousse en laat stol.

Sjokoladesous

Giet 250 ml melk in ’n kastrol en verhit. Voeg 125 ml kondensmelk by en kook vir vyf minute.
Voeg twee Bar One-stafies by en laat smelt vir vyf minute. Laat die sous afkoel en sit voor saam met die mousse.

Back to Top