Weskus Lam-skenkels

4 Lam skenkels (heel)
2 Uie (in ringe gesny)
6 Wortels (in dun ringe gesny)
3 Selderystokke (gesnipper)
3 Vars roosmaryntakkies
Knoffel
Sout en peper
1 Koppie hoenderaftreksel
500ml - 700ml goeie rooiwyn

Braai ui, wortels en seldery vir so 5 minute. Sit eenkant. Verbruin lamskenkels in bietjie olyfolie
Plaas skenkels, met ui en wortelmengsel in groot oondbak. Gooi hoenderaftreksel en rooiwyn by asook roosmaryntakkies
Sit deksel op en plaas in voorverhitte oond (180 grade) vir ongeveer 3 uur
Ek neem gewoonlik so koppie van die rooiwynsous (na 3 uur) en maak ‘n rooiwynreduksie op die stoof, met ander woorde,
kook vloeistof tot ongeveer helfte verdamp. Dit word net oor die kos ge-“drizzle”. Nie soos ‘n gewone bruinsous oorgegooi nie.
Bedien met kapokaartappels, basmatirys of polenta.

Back to Top